Stres dring in op ‘n mens se lewe. As jy min stres het, is dit somtyds makliker om dinge uit te rig. Dinge wat regtig belangrik is. Stres en liefde gaan soms ook saam. As jy onder te veel stres verkeer, kan dit moeilik wees om gesond te wees, en dan kan dit moeilik wees om gesond lief te hê.
Let wel, hierdie is nie ‘n formule nie. Party mense is super stressed out maar kry dit nog steeds reg om lief te hê.
Maar vir nou, hier is ‘n lys van top areas in ‘n mens se lewe waarna ‘n mens moet kyk om so stresvry as moontlik te verkeer. Dis so “half” in orde:
Slaap
Dis super belangrik om goed te slaap. Bv. 8 ure ‘n dag.
Gesond Eet
As ‘n mens sleg eet, dan gaan dit jou hele lewe affekteer. Begin solank leer om gesond te eet om oor ‘n lang tydperk ‘n goeie lewe te he.
Oefening
Oefening is regtig goed vir jou.
Mediteer
Meditasie is ‘n tipe van gevorderde vorm van stres verligting.
Natuur
Die natuur het ‘n manier om mense baie rustig te maak. Rustig is baie keer dieselfde as stresvry.
Asemhaal
Daar is maniere om van stres ontslae te raak deur baie diep asem te haal. Dit vat oefening, maar kan gedoen word.
Dans
Dans help ontsettend baie vir stres en is goed wat dit skei endorphins af wat ‘n mens laat lekker voel.
Lag
Lag help ontsettend baie vir stres. Dit verander ‘n mens se bui.
Seks
As jy oud genoeg is, en jy kan gesond seks hê, dan kan dit ook as ‘n stres relief gebruik word.
Weggaan vir ‘n naweek of Vakansie
Die ultimate is eintlik maar om uit jou stressvolle environment te kom. Weggaan vir ‘n naweek of vakansie kan baie keer van die stres ontslae raak.
Honourable Mentions
Soms kan dit help om te gaan shop as ‘n mens ‘n bietjies te veel stres het. Die probleem met shopping is though:
- Daar is baie mense in shopping sentrums en dit kan tot nog stres lei
- Shopping kos geld, en as ‘n mens geld spandeer wat jy nie moet nie gaan dit later na nog stres lei.
Laat gerus ‘n opmerking om ons te laat weet wat jy hiervan dink.