My liefste,
Vandag voel vir my soos die official eerste dag sonder jou. My dag was lank en ‘n bietjie swaar. Ek het 5 keer afgebreek en gehuil, die ergste daarvan was toe ek die sirkel roete gaan draf het. Ek het onthou hoe graag ek daai saam met jou altyd wou gedoen het. Ek begin nou wonder of ek elke keer as ek iets doen wat ek saam met jou wou gedoen het, daardie selfde sad gevoel gaan kry.
Ek wou vandag vir jou ‘n liedjie stuur, Lippe van Riana Nel. Ek wou vandag vir jou se hoe baie ek jou mis – ek wou vandag by jou inloer. Maar ons het nou reěls en ek kan nie meer myself wees nie. Al wat ek kan doen is hierdie briefie tik om erens my verlange na jou te te spreek. Daai liedjie is baie mooi, baie persoonlik. Hierdie versie laat my aan ons dink:
Want ek smag
Na my asem, in ‘n oomblik
So verlore, maar gevind en ek weet
Dit sal hou vir ‘n leeftyd
Jy’s die een wat ek wou hê
Ek is so spyt ons kan nie meer hegte vriende wees nie. Ek kan ook vir jou se dat dit nie onverwags is nie. Ek het eintlik maar van die begin geweet dit gaan nie uitwerk nie – maar tog het ek so hard as moontlik probeer om jou hart te wen. My dinge werk nooit uit nie – somehow lyk dit my raak ek altyd verlief op iemand wat ek nie kan kry nie.
Maar jy was anders. Die band wat ons gevorm het in die kort tydjie wat ek jou geken het was ongelooflik. Elke liewe boodskappie, elke liewe voicenote, elke fototjies. My hart smag met trane na nog ‘n fototjie van jou, wat ek weet dalk nooit weer sal gebeur nie.
Ek het vandag besef waarom ons so goed oor die weg gekom het op ‘n baie diepier vlak as net vriende. Die ding is ek is mal daaroor om iemand waarvoor ek lief is, en wat ek interessant vind, aandag te gee. Jy hou van affirmation en jou magneet het my aangetrek. Ons magic kombinasie het beteken dat ons ‘n baie dieper vriendskap en selfs verhouding as die meeste mense kom vestig. Maar nou is dit verby. My hart is baie seer maar ek probeer om sterk te wees.
Ek weet ek gaan nooit weer iemand soos jy ontmoet nie – at least nie in my leeftyd nie. Ek dink wel jy sal – jy het ‘n spesiale karisma wat niemand anders het nie.
Ek wonder nog ‘n bietjie wat ons nuwe terms of engagement is? Gaan ons dan nou nooit meer vir mekaar ‘n boodskap stuur nie? Ek wil nie pressure op jou sit nie so ek wil nie vra nie. Maar ek wil jou weet dat ek binne besig is om te breek soos elke uur verby gaan en ek nie van jou hoor nie. Na 10 en ‘n half weke van ekstase bloei my hart die seerste trane as ek dink aan die verlies wat ek besig is om te lei.
Ek wou jou ook se – ek het nog nooit gedink ons gaan regtig trou nie. Ja sure ek wens dit – maar ek wens baie goed – ek het nog altyd gedink jy gaan die man van jou drome, van jou ouderdom vind, en so sal jy veraltyd vind. Want my nou kry is dat as ek meer subtle was sou ek dalk nou nog ‘n vriendskap met jou gehad het – maar nou voel dit of ek baie min tot niks oor het nie.
My liefde mensie, dink jy ons liefde gaan kwyn soos ons minder kontak het? Is dit die idee? Is hierdie ‘n toets, of is hierdie ‘n goodbye.
Ek wil jou so graag kontak maar ek weet dis verkeerd – watse reg het ek nou oor om my verlange na jou uit te spreek? Is dit werklik ‘n opbouende manier om ‘n verhouding te handhaaf? Ek glo nie jy kry enige bate daaruit nie, behalwe om te dink dat ons nou in ‘n doodloop straat is en ek nog harder probeer om by jou te wees. Daai is nie ‘n positiewe gedagte nie.
Kom ek se jou wat ek die meeste gaan mis:
- Die spesiale geluide van my foon as jou WhatsApp boodskappies deurkom.
- Die glimlag in my hart wat daarop volg
- Ons kreatiewe manier om mekaar altyd te ondersteun, maar nie saak wat nie
- Ek gaan baie mis om jou te probeer motiveer – om jou geluk te wens omdat jy so mooi oefening gedoen het
- Ek gaan daai kere mis wat jy my opgetel het toe ek dit regtig nodig gehad het
- Ek gaan jou incredible brein en emptatie mis
- Ek gaan mis om al die mooi goed wat ek al by jou geleer het weer te onvervind
- Ek mis die toekomstigte mooi goed wat ek by jou sou geleer het
My liefste my hart is gebreek. Dalk nie op die lelikste manier ooit nie, want ek onthou nog elke woordjie en elke gedagte want ons ooit geruil het, maar my hart is gebreek oor hierdie nuwe afstand tussen ons. My grootste vrees is die gebrek aan afstand gaan beteken dat ons liefde nooit weer dieselfde is nie.
Hier is my boodskappie aan jou wat ek weet ek nie mag stuur nie:
Alo. Ek struggle. Het al ‘n hele paar keer gehuil, hartstogtelik in die bos toe ek dink hoe graag ek daai saam jou wou gedoen het. Wou jou al se hoe baie ek jou mis, hoe graag ek jou nou wil sien, en wou vir jou hierdie liedjie stuur. Maar ek mag nie, die are van my hart is gebreek.