Die 6de Liefdestaal

Daar is ‘n boek geskryf deur een Gary Chapman oor die 5 liefdestale. Op sy webstie verwys hulle na hom as Dr. Chapman, en dit gee ‘n mens klaar ‘n idee van die tipe van persoon wat hy is.

Hy claim “die vyf liefdestale” is:

  • Woorde
  • Dade
  • Gekenke
  • Kwaliteit-tyd
  • Fisiese aanraking

Dit klink na ‘n lekker formule om baie boeke te verkoop, en ek hoop hy het baie geld gemaak.

Die punt eintlik is dis glad nie so eenvoudig nie. Kom ons vat bv. Woorde. As jy regtig gemeen wil wees kan jy vermy of vir jou man of vrou te sê jy is lief vir hulle. Hulle kan die boek optel, en conclude jou liefdestaal is nie Woorde nie. Nou’s alles okei. Nee, dit is nie. Dit werk nie so nie. Dalk sal jy vir ‘n kort rukkie wegkom sonder Woorde maar glo my dit sal jou haunt oor die lang termyn. En om hierdie voorbeeld nog verder te emphasize, wat van jou kinders? Dink jy dat jy kan wegkom deur nooit Woorde teenoor jou kinders uit te spreek nie? Want dis nie jou “liefdestaal” nie? Ai kona wena. Jou kinders gaan ‘n lekker gemors wees.

Ek gaan loer ‘n bietjie mense wat sukkel met aanraking. Dis ‘n bietjie okei glo vir ‘n rukkie, maar in die langtermyn is jy net so gevoeterd. En kinders wat nooit drukkies gegee word nie draai ook redelik snaaks uit.

So anyway, met hierdie pre-amble wil ek gou praat oor ‘n regte liefdestaal. Die enige regte liefdetaal vir my is “goeie kommunikasie”. Ek praat nie van “kommunikeer met WhatsApp nie”. Of gebruik goeie taal nie. Ek praat van ordentlike, two-way, one-on-one, kommunikasie. Dis eintlik baie eenvoudig:

Praat en luister

Luister en praat

Dit kan werk per foon. Dit werk beter in persoon. Daai WhatsApp tickmerk beteken niks. Elektroniese kommunikasie is nie regte kommunikasie nie.

Die enigste “liefdestaal” wat regtig saak maak is goeie kommunikasie. Om te kan praat oor wat jou pla. Om die vrymoedigheid te hê om die foon op te tel en met iemand te kan praat. Om sonder twyfel iemand te gaan sien en met hulle te gesels. Om binne in ‘n vriendskap of ‘n verhouding oor goed te kan praat. En om te kan luister.

As jy absoluut niks weet van liefde nie, dan is die 5 liefdestale dalk ‘n goeie beginpunt vir jou. Maar as jy ‘n leeftyd van resolve wil hê, dan sal jy leer luister, en leer om te praat. Dan sal jy opreg en eerlik wees, en weet hoe om dit oor te dra.